Trappe van vergelyking

Soet, soeter en soetste – of dalk stout, stouter en stoutste?

Trappe van vergelyking is vorme van byvoeglike naamwoorde of bywoorde. 'n Byvoeglike naamwoord in Afrikaans kan drie vorme aanneem om die sterkte van die naamwoord aan te dui. As voorbeeld kan 'n voorwerp as groot, nog groter (meer as net groot) of as die heel grootste beskryf word. Soortgelyk kan 'n partytjie as lekker, nog lekkerder of as die heel lekkerste beskryf word.

Die middelste trap word die vergrotende trap genoem en die laaste trap die oortreffende trap. Die eerste trap is die basiswoord. Die vergrotende (tweede) trap is gewoonlik die basiswoord + die agtervoegsel 'er'. Die oortreffende (derde) trap is gewoonlik die basiswoord + 'ste'.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne